Swaartekrag (Explicit)

Swaartekrag (Explicit)

  • 流派:Folk 民谣
  • 语种:英语
  • 发行时间:2012-11-01
  • 类型:录音室专辑

简介

Die Spoegwolf het met ‘n vreesaanjaende grom bly stap in die staalsneeu aanslag van die wintermaande. Met ’n fluit tussen sy bloedbedekte hoes het hy voor ‘n mikrofoon gaan staan. Die resultaat was die nuwe Swaartekrag Album. Die drie varkies van die loopdansbedryf se huise is almal weggeskop. Drie tempels van eerlike musiek is in hul plek opgerig: Lirieke met Mening, regte musiek-instrumente, en braafheid. Hulle brand nou soos fakkels in die bewolkte stad van Afrikaans. Die hede, verlede, die goeie, die wrede, die vrede en die ledemate van musiek is saamgespan vir een groot kreet: Swaartekrag. “Spoegwolf se debuutalbum, getiteld ‘Swaartekrag’ is ’n dertien-snit kragspel wat total onvergelykbaar is met enige iets wat die industrie al ooit getref het.” - Dee Theart, Cape Town Music Scene “Heart ache and raw. Definitely in a class of their own.” - Army of Art “Drietyd op die dakke” vanaf Swaartekrag; my gunsteling Afrikaanse song van die jaar!” - Martelize Brink, RSG "SPOEGWOLF se debuutalbum Swaartekrag stel luisteraars van voor af aan die alledaagse voor, maar in ’n heel nuwe gedaante. Vergeet dit wat nog altyd vir ons bekend was en wat ons nog altyd geweet het; die wêreld word so ’n bietjie op sy kop gedraai. Moenie verbaas wees as die musiek jou laat voel asof jou voete skielik los van Moederaarde word nie; ons almal ly immers, volgens die groep, ons lewe lank aan swaartekrag." - Madre Marais, Volksblad

[更多]

此歌手的其他专辑