Brood & Melk

Brood & Melk

  • 流派:Pop 流行
  • 语种:英语
  • 发行时间:2013-11-11
  • 唱片公司:Vonk Musiek
  • 类型:录音室专辑

简介

Brood en Melk wys ‘n ander kant van Gerhard Steyn. ‘n Kant wat aanhangers dalk nog altyd geweet het is daar – ‘n dieper, meer sielvolle kant. Dis ‘n album wat sterk groei vir Gerhard as liedjieskrywer toon en een wat vir hom beslis nuwe aanhangers gaan kry. “Daardie kant van my was nog altyd daar en ek het dalk so nou en dan die deur op ‘n gleufie daarop oopgemaak, maar met die nuwe album het ek reg gevoel om vir mense te wys wie ek werklik is,” sê hy. Gerhard sê dis nie net die liedjies wat ‘n ander rigting inslaan nie. “Die klank van die CD is ook ver van waar my musiek in die begin was. Dis glad nie meer so elektronies nie. Dit het die klank van ‘n album wat in ‘n ateljee met lewendige instrumente opgeneem is. Hierdie veranderinge het gebeur nie omdat ek dink dis wat die mark van my verwag nie - dit het gebeur omdat dit my al nader bring aan waar ek as kunstenaar wil wees.”

[更多]

此歌手的其他专辑