Volgende Stap

Volgende Stap

  • 流派:Pop 流行
  • 语种:英语
  • 发行时间:2018-08-13
  • 唱片公司:Recycle Records
  • 类型:录音室专辑

简介

Drie jaar nadat sanger-liedjieskrywer Joe Foster die reuse suksesvolle Ghoema Pop Album van die Jaar Hartklank vrygestel het, doen hy dit weer. Hy vat so waar die volgende stap in sy musikaliteit met hierdie nuwe album. Alhoewel hy talle liedjies en projekte vrygestel het tussen die twee albums, het hy gevoel nou is die regte tyd om weer ’n vol album vry te stel. Die CD bevat dertien oorspronklike liedjies wat 'n mengsel is van Afrikaans en Engelse pop liedjies wat Joe Foster die afgelope jaar of twee geskryf het. Twee van die dertien liedjies op die nuwe album het reeds baie gewild geword vandat dit vroeg in 2018 vrygestel was. Vrede Maak en sy eerste Engelse enkelsnit Look Away het sederdien bo aan talle SA kommersiële, internet en streeksradio’s se treffer-parades gepronk. Hierdie twee snitte is baie goeie aanduidings waarna sy aanhangers kan uitsien op die treffer belaaide Volgende Stap album, wat vroeg in Augustus op die rakke sal wees. Daar is ook ’n snit Volgende Stap wat die derde enkelsnit van die album sal wees maar die eerste een wat saam met die album vrygestel gaan word. Joe Foster het groot naam begin maak met sy liedjie Pad Na Jou Hart wat vrygestel is as sy eerste enkelsnit van sy Afrikaanse debuut, aan die begin van 2014. Dit na hy einde 2013 die groep ADAM verlaat het, om sy solo loopbaan af te skop en te begin werk aan sy Hartklank album. Die Pad Na Jou Hart film se temalied en enkelsnit projek was ’n goeie fondasie om sy blink loopbaan op te kon bou. Hy het van toe af van krag tot krag gegaan, talle treffers geskryf vir homself, tv kanale en ander kunstenaars. Vyf jaar later doen hy dit nogsteeds. Joe Foster het al die liedjies op hierdie album self geskryf en sê dat hy met elkeen se inhoud en met elkeen se styl baie uit sy gemaksone beweeg het. Hy het selfs sy kletsrym skoene aangetrek op die liedjie met die naam As Die Mure Val. Joe Foster het al die snitte, behalwe Look Away, self vervaardig, opgeneem en gemeng. Waar Look Away deur Fred den Hartog, van die gewilde Heuwels Fantasties groep, vervaardig was en deur Dane Taylor gemeng was. Joe het sy klank ingeneurswese en musiek vervaardiging kwalifikasies gedoen in Amsterdam, Nederland, waarna hy terug gekom het na Suid-Afrika en baie agter die skerm ervaring opgebou het in studio voor hy deel geword het van die groep ADAM. In die groep het hy meer gefokus op sy toer, skryf en optree kuns en om dit sterk te ontwikkel. Hy het dus minder tyd in studio begin spandeer, maar kort na sy wegbreek van die groep het hy as solo kunstenaar baie meer daarop gefokus om weer voltyds in die studio te wees, as hy nie op die pad is met optredes en bemarking nie. Hy het hierdeur goeie selfvertroue opgebou voor hy hierdie projek aangepak het. Hy kon met hierdie album al die individuele lesse, kennis en ervaring implementeer wat hy die laaste 10-15 jaar van sy lewe aan spandeer het. Hy is baie opgewonde oor alles wat hy geleer het met die maak van die album, dat hy sommer dadelik weer gaan begin werk aan nuwe liedjies, terwyl hy natuurlik Volgende Stap album vrystel en bemark oor die land. Album-maak vat lank, sê hy. Dis ’n lang proses van inspirasie en implimentasie. Hy het hierdie album in klomp verskillende plekke oor die land opgeneem en gemeng. In sy eie studio tuis, professionele studio’s, slaapkamers, sitkamers en selfs strandhuise reg oor die land. So Volgende Stap is opgeneem waar hy ’n rekenaar, mikrofoon en studio gereedskap kon opstel en inspirasie kon vind. Dit maak hierdie projek werklik iets uniek en spesiaal vir hom as kunstenaar, liedjieskrywer en vervaardiger. Mens kan sê Volgende Stap is Joe se volgende stap in sy kreatiwiteit en musikale seisoen.

[更多]