Opge-Rhaap

Opge-Rhaap

  • 流派:Folk 民谣
  • 语种:英语
  • 发行时间:2016-04-03
  • 唱片公司:Vonk Musiek
  • 类型:录音室专辑

简介

Ná die welslae van sy debuutalbum Laaste Kans bied Jan Rhaap ’n splinternuwe album. Dit was toe nie die laaste nie; inteendeel Kobie Koen van Vonk-Musiek het Jan se talent geëien en hom letterlik opgeraap! Die woordspeling in die titel van die nuwe album – op-gerhaap – is so eiesoortig en oorspronlik soos Werner Burger self, wat dié verhoognaam gekies het na die gesegde “Elke Jan Rap en sy maat.” Jan maak allemansmusiek. Dié liedjieskrywer-sanger het ‘n BSc (Agric)-graad in veekunde aan Tukkies verwerf en het vier jaar lank in die landboubedryf gewerk voordat hy in 2012 heeltyds begin sing het. Tussendeur boer Jan op sy familieplaas naby die dorpie Niekerkshoop in die Noord-Kaap. Die woordoes op op-gerhaap bied weer ritmiese poprock met ’n dorslessende sopie country-rock, ’n titsel Afrika-jazz en akoestiese klanke. Jan het vyf van die oorspronklike snitte hierop geskryf, elkeen met ’n unieke storie. Lappop gaan oor ’n verhouding wat nie uitgewerk het nie. “Dit gee ’n mens net daai hoop en vertroue dat daar veel beter dinge op jou wag en elke dag nuwe uitdagings bring wat jy moet aangryp.” Kom saam met my vertel van Jan se trek plaas toe. “Ek het uitgesien om weer eendag iemand te kan uitnooi om saam met my plaas toe te kom - waar ek op my gelukkigste is . Toe werk dit intussen só uit.” Jesus se tuin is ’n liedjie wat Jan vir sy broer se seuntjie geskryf het. “Ek dink ons besef nie altyd hoe bevoorreg ’n mens is om in ’n huis gebore te word wat met baie liefde gevul is nie. Liefde is verniet, maar tog is daar miljoene kinders wat dit nie van hul familie ontvang nie.” Oogknip uit die Hemel is ’n liedjie wat Jan vir een van sy beste vriende geskryf het, wat verlede jaar in ’n motorongeluk oorlede is. “Hy was die eerste persoon wat my die binnekant van 'n studio gewys het en het ook ’n groot passie vir musiek gehad. Ek droom nog gereeld van hom en weet hy sal baie van die liedjie hou!” Blommekind het Jan vir alle mense geskryf wat soms net hul grootste passie in die lewe wil uitleef. “Baie mense, veral mense in die kunste, sal baie graag permanent wil verf of teken of dalk klavier speel, of wat dit ook al mag wees, maar kan dit nie doen nie, want dit is finansieel nie moontlik nie - of hulle is dalk bang mense oordeel hulle.” Jan doen eiesoortige weergawes van treffers deur Dewald Wasserfall, Stef Kruger en Roux Cloete. Gerhard Steyn het twee splinternuwe liedjies – Kaalvoet-serenade en Ou plaaspad – vir die album geskryf. Die album sluit ook’n heerlike Koos Kombuis-keurspel in. Jan Rhaap se stem rasper diep in die treffende lirieke. Die album bied ’n luisterverskeidenheid in uiteenlopende genres. Daar is ritmiese dansnommers, luisterliedjies, kampvuurromanse en klanknostalgie. Vergeet ’n oomblik van die politiek, geweld, haat, armoede en valsheid in die land en omring jou met opbouende musikale positiwiteit.

[更多]

此歌手的其他专辑